Van Tempeltronk tot katedraal: die kruisweg van Lodewyk XVII.

Item request has been placed! ×
Item request cannot be made. ×
loading   Processing Request
  • Author(s): Morgan, Naòmi1
  • Source:
    Literator. Apr2007, Vol. 28 Issue 1, p47-69. 23p.
  • Additional Information
    • Alternate Title:
      From the Temple to the cathedral: the calvary of Louis XVII.
    • Subject Terms:
    • Subject Terms:
    • Abstract:
      In 2004, more than 200 years after his death in the Temple prison, the heart of Louis XVII, the successor to France's last king of the Ancien Régime, Louis XVI, was buried in the royal necropolis of Saint-Denis. Despite numerous publications on the destiny of the Little Prince, the chronology of his short life was not determined by historians and biographers, but by scientists who, in 2000, performed DNA tests on the petrified organ, which was miraculously preserved. Before this date, the biographies of the many pretenders to Louis XVII's throne (that of Naundorff in particular) were better-known than the life-history of Marie Antoinette's youngest son. Since then, various publications have changed this state of affairs, including an historical novel by one of France's most knowledgeable authors on the monarchy of the 17th and 18th centuries and a biographical novel by a member of the Bourbon family. Antonia Fraser's (2001) biography on Marie Antoinette and Sofia Coppola's (2006) film on her life have rekindled interest in the events of the French revolution. The story of Louis XVII, who was used as a pawn by the revolutionaries, is one the most tragic of that period in the country's history. This article provides an overview of key events gleaned from various sources, translated into Afrikaans for the first time. [ABSTRACT FROM AUTHOR]
    • Abstract:
      In 2004, meer as 200 jaar na sy dood in die Tempeltronk, is die hart van Lodewyk XVII, die troonopvolger van die laaste Franse koning van die Ancien Régime, Lodewyk XVI, in die koninklike nekropolis van Saint-Denis² te ruste gelê. Ten spyte van 'n groot aantal publikasies oor die lot van die Klein Prinsie, was dit nie historici en biograwe wat uiteindelik die chronologie van sy kort lewe vasgelê het nie, maar wetenskaplikes wat in 2000 DNS-toetse uitgevoer het op die versteende orgaan, wat wonderbaarlik bewaar gebly het. Voor hierdie datum was die biografieë van die vele aanspraakmakers op die troon van Lodewyk XVII (veral dié van Naundorff) meer bekend as die lewensgeskiedenis van Marie Antoinette se jongste seun. Sedertdien het verskeie publikasies die lig gesien, onder andere 'n historiese roman deur een van Frankryk se grootste kenners van die sewentiende- en agtiende-eeuse monargie, en 'n biografiese roman deur 'n lid van die Bourbon-familie. Antonia Fraser (2001) se biografie oor Marie Antoinette en Sofia Coppola (2006) se film oor haar lewe het opnuut belangstelling aangewakker in die gebeure van die Franse Rewolusie. Die verhaal van Lodewyk XVII, wat as 'n pion deur die rewolusionêre gebruik is, is een van die mees tragiese van daardie tydperk in die geskiedenis. In hierdie artikel word 'n oorsig gegee van daardie sleutelgebeure, afkomstig uit verskeie bronne wat vir die eerste keer in Afrikaans vertaal is. [ABSTRACT FROM AUTHOR]